Die stem
Van ʼn groot
Gees
Verewig
still
Die vader
van Philida
Histories korrek
Polities
Gesê
Met respek
Die stem
Van ʼn groot
Gees
Verewig
vasgevang
Die skepper
van ʼn Droë Wit Seisoen
Voorloper
van die Sestigers
Minnaar, Vader,
Professor
Jou
geskenke aan die wêreld
Leef in
harte voort
Die stem
Van ʼn groot
Gees
Leef
verewig
Die gewer
van Kennis
van die aand
Maak
sy laaste buiging
Leier,
tolk, oorwinnaar
Jou
plek staan voortaan leeg
Ons
kan net hoop om te volg in daai noue steeg
Ter nagedagtenis aan
Skrywer Prof. Andre P. Brink deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt, 2015-02-07.