Saturday, February 7, 2015

Die stem van ‘n Groot Gees rus

Die stem
Van ʼn groot Gees
Verewig still
Die vader van Philida
Histories korrek
Polities
Gesê
Met respek

Die stem
Van ʼn groot Gees
Verewig vasgevang
Die skepper van ʼn Droë Wit Seisoen
Voorloper van die Sestigers
Minnaar, Vader, Professor
Jou geskenke aan die wêreld
Leef in harte voort

Die stem
Van ʼn groot Gees
Leef verewig
Die gewer van Kennis van die aand
Maak sy laaste buiging
Leier, tolk, oorwinnaar
Jou plek staan voortaan leeg
Ons kan net hoop om te volg in daai noue steeg

Ter nagedagtenis aan Skrywer Prof. Andre P. Brink deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt, 2015-02-07.






Tuesday, November 18, 2014

Kaalvoet Klimeid, So praat ekke


Kaalvoet Klimeid, So praat ekke is die eerste Afrikaanse digbundel geskryf deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt. Reeds al in kindertuin uitgewys as ʼn “storie verteller” het sy haar droom om joernalis te word vroeg verwesenlik.

Hierdie boek gee haar die geleentheid om uiting te gee aan die staaltjies, gedagtes en ondervindinge opgetel in die stofstrate van Wellington, lewe op die Kaapse Vlakte en nou as wêreldreisiger.

Sy skryf graag in AfriKaaps en bring ʼn gemaklikheid te vore wat haar eie liefdesverhouding met die Bolandse infleksies reflekteer.