Tuesday, November 18, 2014

Kaalvoet Klimeid, So praat ekke


Kaalvoet Klimeid, So praat ekke is die eerste Afrikaanse digbundel geskryf deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt. Reeds al in kindertuin uitgewys as ʼn “storie verteller” het sy haar droom om joernalis te word vroeg verwesenlik.

Hierdie boek gee haar die geleentheid om uiting te gee aan die staaltjies, gedagtes en ondervindinge opgetel in die stofstrate van Wellington, lewe op die Kaapse Vlakte en nou as wêreldreisiger.

Sy skryf graag in AfriKaaps en bring ʼn gemaklikheid te vore wat haar eie liefdesverhouding met die Bolandse infleksies reflekteer.