Kaalvoet Klimeid, So praat ekke is
die eerste Afrikaanse digbundel geskryf deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt.
Reeds al in kindertuin uitgewys as ʼn “storie verteller” het sy haar
droom om joernalis te word vroeg verwesenlik.
Hierdie boek gee haar die
geleentheid om uiting te gee aan die staaltjies, gedagtes en ondervindinge
opgetel in die stofstrate van Wellington, lewe op die Kaapse Vlakte en nou as wêreldreisiger.
Sy
skryf graag in AfriKaaps en bring ʼn gemaklikheid te vore wat haar eie
liefdesverhouding met die Bolandse infleksies reflekteer.
No comments :
Post a Comment